Ons as Koda Multipurpose Community Development Association is 'n PBO-geregistreerde gemeenskapsgebaseerde OSW, wat in die Upington, Noord-Kaap area bedrywig is. Ons voorsien in die fisiese, geestelike en emosionele behoeftes van ons gemeenskappe deur gemeenskapsbehoeftes uit te spreek, hulpbronne te verkry en te mobiliseer om verskeie sosio-ekonomiese kwessies aan te spreek.